Outeur en illustreerder Attie Koekemoer woon in Linden, Johannesburg, Suid-Afrika. Hy is getroud met Isolde en hulle het twee kinders, Antjie en Jannes. As jong kind reeds het Attie begin om strokies- en spotprente te teken. Vanaf 1982 het hy en sy broer rekenaarspeletjies ontwikkel. Na skool het hy verder in klassieke tale aan die Universiteit van Pretoria studeer. Die animasiekuns het hom egter altyd aangegryp. In 1995 het hy 'n animasie en illustrasie studio, Artattack, saam met 'n vriend begin. In 2000 sluit hy hom aan by hul familiebesigheid in die fietsbedryf. Sedert 2000 is hy betrokke by die besigheid se fietstydskrif, die Ride Magazine. In Mossie en Jumbo meng hy sy passie vir… teken, taal en fietse en vertel in kleurryke styl hoe 'n fiets 'n kind se beste vriend geword het.